Bruno Walter

Bruno Walter
Bruno Walter in Wene, 1912
Agtergrondinligting
GeboortenaamBruno Schlesinger
Gebore15 September, 1876
Berlyn
Sterf17 Februarie 1962 (op 85)
Beverly Hills, Kalifornië
GenresKlassiek, Romantiek
Beroep(e)Dirigent, komponis, pianis
Die jong Bruno Walter

Bruno Walter (gebore as Bruno Schlesinger, 15 September 187617 Februarie 1962) was 'n Duits-Oostenrykse dirigent, pianis en komponis van Joodse afkoms. Hy is in Berlyn gebore, maar het in 1933 uit Duitsland gevlug ten einde die Derde Ryk van Hitler te ontvlug. Hy is in 1938 as 'n Franse burger genaturaliseer, waarna hy hom in 1939 in die VSA gevestig het.

Hy het nou saamgewerk met Gustav Mahler, wie se musiek hy in die repertoire help vestig het. Hy het noemenswaardige poste by onder andere die Leipzig Gewandhaus Orkes, New York Filharmoniese Orkes, Koninklike Concertgebouw Simfonieorkes, Salzburgse Fees, Weense Staatsopera, Beiere Staatsopera, Staatsoper Unter den Linden en die Deutsche Oper Berlin gehou, en het opnames van geskiedkundige en artistiese belang gemaak. Hy word wyd beskou as een van die grootste en beste dirigente van die 20ste eeu.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy